Welcome to Kimburu Bushcamp…

Kimburu Bushcamp is die ideale selfsorgverblyf vir diegene wat op soek is na ‘n bosveldwegbreek wat nie te ver uit die dorp is nie. Kimburu is 25 km vanaf Middelburg op die N11 in die rigting van die bekende Loskopdam Natuurreservaat.

Kimburu Bushcamp bied verskeie verblyf opsies – gesinskamers, dubbel kamers en boma-chalets vir groter groepe. ‘n Gemeenskaplike kombuis en ablusiegeriewe is beskikbaar. Die kombuis is toegerus met yskas-vrieskas, gasstoof, mikrogolfoond, ketel, eetgerei en kookgeriewe. Linne en bad-handdoeke word voorsien.

 

Die hele kamp kan eksklusief bespreek word wat ideaal is vir familie-saamtrekke, afskeidsfunksies, verjaarsdae, kinderpartytjies en reünies. Daar is slaapplek vir 26 gaste.

Kimburu Bushcamp het ‘n swembad en gaste moet asseblief net hulle eie swemhanddoeke saambring.

Die plaas bied ‘n rustige, ontspanne atmosfeer. Kinders is welkom om hul eie fietse saam te bring. Kimburu het verskeie diere wat gewoonlik die kinders se aandag trek. Stoffel en Blinkie – die stokstert-meerkatte is alte nuuskierig as iemand kom groet. Ode en Newsmaker – die miniatuurperde hou van baie aandag. Babavolstruise, makoue en tarentale is van die ander diere. Voëlkykers sal die ryk voëllewe soos die bosveld-visvanger, paradys-vlieëvanger, piet-my-vrou, houtkapper en kwêvoël geniet en natuurliefhebbers kan rustig die wandelroetes volg.

Kom ontspan en geniet ‘n lafenis om die kampvuur met die tarentale en bospatrys se geroep in die agtergrond.

Camp Direction

We cater for any function.

| Family Functions | Parties |
Group Gatherings |
Corporate Functions |
Year-End Functions |
Bachelors Parties* |
Etc. |

What to do…

The farm boast activities like hiking, quad bike trail, bike trails, kiddies play park and a number of animals to attract your attention. Other activities in the immediate vicinity include, Zip-line tours, fishing, safaris, petting zoo and picnic venue, abseiling delectable restaurants and much more…

*Terms and Conditions apply. Bachelor parties are regarded as high risk events, therefore a breakage deposit may be required for security. The guest will be responsible and can be held liable to any damages as per our terms. A cleaning fee may also be levied in some cases.